Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ? ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe. Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het. Sy beland op Vywerbaai waar sy ? winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansiële risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle. Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ? vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met ? sterwende vrou en ? kind wat Lira haat. Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ? waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ? man sy taaibosspies deur ? vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet. Maar soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.”
CONTRIBUTORS: Chanette Paul
EAN: 9780637000024
COUNTRY: South Africa
PAGES:
WEIGHT: 500 g
HEIGHT: 234 cm
PUBLISHED BY: LAPA Publishers
DATE PUBLISHED:
CITY:
GENRE: FICTION / Romance / Contemporary
WIDTH: 152 cm
SPINE:
Book Themes:
Modern and Contemporary romance
Book Partnerships
For the Fans