FREE delivery to all EXCLUSIVE BOOKS stores nationwide. FREE delivery to your door on all orders over R450. Excludes all international deliveries.

Chris Karsten

Chris Karsten started his career as a journalist at Die Volksblad, and later worked at Beeld and Rapport newspapers. His first novel, Frats, published in 2007 and received the ATKV Prize for Prose.
Chris published a crime thriller, Seisoen van sonde, in 2009, which was followed by three more, namely the Abel trilogy.
Chris is retired and currently living in Canada.
  • Seisoen van Sonde

    Seisoen van Sonde

    Die polisie soek na 'n reeksmoordenaar. Die eerste lyk word vasgebind aan 'n paal met 'n papie in haar toegewerkte mond. Die lyke wat volg is elk op 'n nog meer bisarre wyse agtergelaat. Jack, 'n psigopaat, is stelselmatig besig om mense te elimineer vir sy enigmatiese meester, Minos. Die laaste slagoffers op Jack se lys het albei kontak gehad met die regeringsprojek Anthenor in die apartheidsjare - Wim as navorser en Portis as jong struggleleier.

    Chris Karsten ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days
    4 Days Delivery
  • Abel se Ontwaking

    Abel se Ontwaking

    Op sy kleinhoewe buite Johannesburg bewerk Abel Lotz die velle van klein diertjies om te verruil vir die maskers uit Afrika en tsantsas uit Suid-Amerika wat hy in sy galery in die stad verkoop. Vir sy vyftigste verjaarsdag beplan Abel iets besonders. Hy soek ontwerpe vir die omslae van sy Kosmiese Reise. En hy soek ’n nuwe gesig. Ella Neser gryp die kans aan om haar eerste moord as ondersoekbeampte te hanteer. Hierdie moord is egter ongewoon.

    Chris Karsten ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 335.00

    4 Days Delivery
  • Abel se Lot

    Abel se Lot

    Adjudant Ella Neser is met verpligte siekverlof ná haar noue ontkoming aan die skalpel van die reeksmoordenaar Abel Lotz. Tussen beradingsessies en harplesse deur bepeins sy die foto’s van Abel se slagoffers. Abel is oor die grens by Komatipoort, Mosambiek in, en Ella weet hy sal weer moor. Wanneer ’n huisinbraak uitloop op ’n sterfte, kry Ella opdrag om die skuldige op te spoor. Is Abel terug, of is daar ’n nuwe moordenaar in Doradopark?

    Chris Karsten ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 335.00

    4 Days Delivery
  • Afreis van Abel Lotz

    Afreis van Abel Lotz

    Die derde boek in die Abel-rillertrilogie. Die polisie word ontbied na 'n hotelkamer in Johannesburg. Bloed en hare in die bad dui op 'n slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer 'n gelooide en onthaarde vel gevind word, weet Ella Neser sy is weer op reeksmoordenaar Abel Lotz se spoor. Abel bevind hom in Brugge, en kort voor lank soek hy weer na velle met tatoes vir die omslae van die tien volumes van sy Kosmiese Reise, hierdie keer met Ignaz Bouts se hulp.

    Chris Karsten ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 335.00

    4 Days Delivery
  • Man van Min Belang

    Man van Min Belang

    Op 'n fynbosplaas in die Langkloof word die oorskot van vier jongmense gevind. Onder die wat antwoorde soek, is die amper-afgetrede joernalis Luther en die Struggle-veteraan Mosman. 'n Naam in 'n sprokiesboek lei hul na Luca Thom, mariene bioloog en seun van die polisieberader Eddie Thom. 'n Man van min belang ontvang die tweede prys in NBUitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd in 2012.

    Chris Karsten ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days
    4 Days Delivery
  • Op Pad Na Moormansgat

    Op Pad Na Moormansgat

    Laat een aand in 1914 word die Boeregeneraal Koos de la Rey op pad na 'n beplande rebellie noodlottig gewond. Die teiken was die berugte bendelid William Foster. Dat De la Rey in die spervuur beland het, was pure toeval. Of was dit? Op pad na Moormansgat is 'n verweefde tapisserie waarin die verhale van vele vertel word, oor dekades heen en uit alle lae van die samelewing. Dis die storie en nalatenskap van Billy Foster se dogter, Helena, op soek na haar herkoms; dis die trawalle van die hensopper Segrys Heyns en sy agterryer Tappies Mahlangu; die speurtog van poliesman Isak Heyns, op soek na die gewetenlose moordenaars wat 'n driejarige seuntjie se familie eensklaps uitgewis het, en die moontlikheid dat die aanvallige jong vrou Helena aandadig aan die moorde kon wees. Dis 'n roman van waarhede en verdigsel, oor dekades heen, 'n verloop van klein en groot geskiedenisse en die immer smagting na oomblikke van vrede en versoening. 'n Merkwaardige, hoogs leesbare geskiedkundige roman.

    Chris Karsten ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 385.00

    4 Days Delivery
  • Versoeking van Thomas Maas

    Versoeking van Thomas Maas

    Ella Neser is terug van haar Karibiese skeepsvaart, en soort van terug in Lou se arms. Haar nuwe opdrag, as private speurder, is 'n bisarre een. Donna Maas, eggenoot van die sielkundige Thomas Maas, is oortuig haar man het 'n skelmpie. En dit is Ella se taak om dit te bewys. Die roman begin egter by die einde, waar Ella haar verslag optik. Daar is 'n moord gepleeg, maar wie is die slagoffer en wie die skurk? 'n Verbysterende roman deur een van die top- spanningsromanskrywers in Afrikaans.

    Chris Karsten ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 365.00

    4 Days Delivery
  • dood van 'n goeie vrou

    dood van 'n goeie vrou

    Ella Neser, befaamde speurder uit die Abel-trilogie en Die verdwyning van Billy Katz, is weer op die spoor van 'n raaiselagtige moord. In 'n voorstad van Johannesburg word Clara Heyns, voorbeeldige moeder van twee, dood gevind met engelvlerke aan. Te midde van kantoorpolitiek probeer Ella die leidrade naspeur, maar dan draai haar wereld inmekaar: wie is die rooikop wat by haar geliefde Lou uithang? Die storie is briljant aanmekaargesit, met 'n plot wat die slimste leser sal fnuik.

    Chris Karsten ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 355.00

    4 Days Delivery
  • Gerugte van 'n Ontvoering

    Gerugte van 'n Ontvoering

    Wanneer Harry asemskep tussen sy omswerwinge deur Afrika, kom kuier hy by sy geliefde ma in Johannesburg. Gusta is veral na aan sy hart na sy pa haar vir 'n jonger pop gelos het. Gelukkig weet Harry sy is veilig daar bo in haar luukse penthouse in Ponte Towers. Teen die tyd dat Harry in Oos-Afrika opgespoor word, is sy ma al dae lank dood. Harry kry die reuk van 'n groot gekonkel. Nie eens daai parmantige Ella Neser gaan hom keer nie. Nog 'n hoogtepunt in Chris Karsten se Ella Neser-oeuvre.

    Chris Karsten ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 340.00

    4 Days Delivery
  • Verdwyning van Billy Katz

    Verdwyning van Billy Katz

    Speurder Ella Neser stel ondersoek in nadat vier gemummifiseerde linkervoete in 'n Checkers-sak in 'n openbare tuin gevind word. Waar is die liggame waaraan die voete behoort? Lou Pepler, eks-polisieman, nou sekuriteitskonsultant, glo dit hou verband met 'n saak wat hy twintig jaar gelede ondersoek het - die verdwyning van Billy Katz, rykmanseun en rokjagter. Ella se soektog lei na 'n begrafnisonderneming in Turffontein en die Pottas-familie, met hul stom aanneemseun, Rakker. Maar hoe hou die voete verband met Billy Katz se verdwyning en die saak wat Lou sy loopbaan en amper sy lewe gekos het?

    Chris Karstens ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 320.00

    4 Days Delivery
  • Koms van die motman

    Koms van die motman

    Elf jaar gelede is Ella Neser se pa amper noodlottig gewond. En nou, jare later, word die skuldige, Arthur Wilky, weens goeie gedrag op parool vrygelaat. Binne weke is daar egter nuwe moorde - en van die slagoffers is voormalige tronkmaats van Wilky. In die slotroman in die jongste Ella Neser-trilogie speel Karsten weer eens kat en muis met die leser. Wie is die moordenaar, en waarom huiwer die Nommers-bendemitologie deurgaans soos 'n skaduwee op die rand van die verhaal?

    Chris Karsten ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 365.00

    4 Days Delivery
  • Man Uit die Dode
    Chris Karsten ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days
    4 Days Delivery
  • Anderman se Vrou

    Anderman se Vrou

    Daar is spore doodgevee. Iemand het die opdrag gegee vir wat met daai vyf moet gebeur. En ek wil weet wie. Daar is raaisels wat spook by Wim Kellerman, twee jaar na die dood van Jack Niemand. Hy en Portis praat min daaroor waar hulle woel in die kweekhuis van Wim se skoenlapperboerdery op Wildernis. Maar dit bly sluimer tussen hulle. Want wat het geword van Portis se vyf jeugvriende wat in daai verskriklike jare van die tagtigs vermis geraak het? En hoekom is die lyke van Simon Pope, die destydse hoof van Bon Accord, en sy vrou, Rachel, nooit geidentifiseer nie? Al manier is om terug te loop op die spoor, voetjie vir voetjie. In sy beendere weet Wim sy ou aartsvyand Simon Pope lewe nog. Dis maklik om twee en twee bymekaar te sit, so hy koop 'n kaartjie Kanada toe, kwansuis vir skoenlappersoektogte. En gaan soek die meesterbrein agter die verdwyning van vyf kinders van die Kaapse Vlakte. Kry, sal hy hom kry. Dis 'n lewenstaak - vir Portis, en vir Wim.

    Chris Karsten ESTIMATED DELIVERY:
    Approx 4 Business Days

    R 355.00

    4 Days Delivery

Login

Forgot your password?

Don't have an account yet?
Create account